Die Ommeswaai Ervaring

Iemand Het My Een Keer Gevra,
Wat Maak My Gelukkig ?

Na lang beraadslaging met myself het ek die volgende gevolgtrekking bereik.

My pragtige gesin maak my ongelooflik gelukkig.

Toe ek nog gewerk het, het ek baie plesier uit my werk geput, maar ek het geen tyd gehad vir ander aktiwiteite nie.

Ek het my eie pyn en die van ander ervaar. Nou dat ek nie meer werk nie, vind ek groot vreugde daarin om ander te help.

My eie grootword

Ek is in 1960 in Kaapstad gebore. My kinderjare was vol stres omdat ek grootgeword het met die oortuiging dat ek altyd moes presteer om goed genoeg te wees. Ek kon nie foute maak nie, en dit het gelyk asof ander altyd beter was as ek.

In die dertigerjare het ek en my gesin ‘n groot finansiële krisis beleef. Die strewe om vooruit te kom in die lewe het sy tol geëis, wat daartoe gelei het dat ons dinge buite ons finansiële vermoëns begin doen het.

Dit was ‘n keerpunt in ons lewens, en ek en my vrou het iemand van Radio Kansel besoek wat ons ondersteun het. Na ongeveer vyf jaar het ons, sonder om insolvent te word, weer ‘n normale lewe begin lei.

Op 40-jarige ouderdom het ek ‘n depressie beleef. Ek het ‘n vrou besoek wat lid was van ‘n Bybelstudiegroep, en sy het my met die geestelike aspekte bygestaan. My vrou het ongelooflike ondersteuning gebied deur navorsing oor depressie te doen en ‘n dokter te raadpleeg wat medikasie vir my voorgeskryf het. Die medikasie het my fisies versterk, terwyl die insigte van die Bybelstudiegroep vrou ‘n groot geestelike impak op my lewe gemaak het.

Ek het besef dat die druk om goed genoeg te presteer my uitgeput het. Dit is ‘n onmoontlike taak en nie waaroor die lewe eintlik gaan nie. Hierdie onbereikbare verwronge waarheid het my laat voel asof ek gefaal het.

Deur die onwaarhede van die verlede te verwerp, het ek die waarheid van my huidige bestaan, om net myself te wees, omhels en kon ek ‘n nuwe lewenspad aanpak.

Die pad wat ek en my vrou gevolg het, was suksesvol. Sy het haar eie besigheid bedryf, en ek het ‘n pos as projekbestuurder beklee, wat finansieel voorspoedig was.

Soos ek vroeër genoem het, gebeur onaangename dinge soms weer. Mens kan soms foute uit die verlede herhaal. Ek het ‘n langdurige belastingkwessie gehad, waarskynlik so 8 jaar oud, wat ek nie wou hanteer nie, in die hoop dat iemand anders dit vir my sou oplos. Die probleem het egter voortgeduur totdat ek self verantwoordelikheid geneem en dit aangespreek het.

Alles het regtig goed gegaan tot op 60 jarige leeftyd waar ek weer in ‘n depressie geval het wat erger was as die voriges. Weereens het my vrou my bygestaan deur vir my ‘n afspraak te maak. Ek het hierdie keer die dokter self gaan sien en so na 4 weke was ek weer gesond en kon aangaan met my lewe.

Weer eens, as iets jou lewensgeluk beïnvloed, is dit belangrik om dit so gou moontlik aan te spreek. Dit kan ‘n kort proses wees, maar soms is dit ‘n langer reis waar jy deur jou verlede moet werk en onwaarhede in waarhede moet verander, solank dit net gedoen word.

Verklaring

Ek is ‘n volgeling van Jesus Christus, maar ek gesels graag met mense van alle geloofsoortuigings. Alhoewel ek Berading en Lewensafrigting Kursusse bygewoon het, het ek geen formele sertifikate ontvang nie. Ek handhaaf vertroulikheid en sal alle inligting uitvee na afloop van die proses, tensy daar met wedersydse toestemming anders besluit word.

oor myself